Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam
VROUEWATKÁN • As die landbou ’n manswêreld is, hoekom is daar dan so baie voorslag-vroueboere? Om nie eens te praat van wie die septer anderkant die plaashek in die koswêreld swaai nie?
Landbou Boerekos
Só sê ons lesers • Julle reaksie op ons Geur-uitgawe het ons uitgeboul. Dankie vir ’n possak wat gebult het van die lekkerste geselsbriewe. Ons deel graag ’n paar hier.
SKRYF VIR ONS EN WEN
VROUE OM NA OPTE KYK • Die impak van rolmodelle in ons lewe is groot. Ons vier in hierdie uitgawe vroue wat inspireer, nie bang is om hard te werk nie, en wat ’n groot bydrae lewer om ons nasie te voed.
Blomme opjoubord • Eetbare blomme maak nie net ons kos mooi nie, dit bring sagte blomgeure en kleure na die tafel wanneer jy daarmee kook of bak. Ons is kombuis toe met ’n bos tuinrose en ’n pluksel laventel. Kyk net wat jy alles daarmee kan optower.
Roosblare in die kookkuns
SÓ SÊ ’N ROOSBOER
SÓ SÊ ’N LAVENTELBOER
Die natuur se wonderstroop • Bye en blomme is verantwoordelik vir een van die merkwaardigste produkte in ons kombuise. Heuning se gebruike is legio en sy geur ongeëwenaar.
SÓ SÊ ’N BYEBOER
Carmen & Mientjie se rooibosreis • Hoog in die Piekenierskloof, op hul geliefde Platklip waar jy oor hul hele grootwordplaas kan uitkyk en aan die ander kant al die pad tot by die see kan sien, vertel die tweelingsusters Carmen Niehaus en Mientjie Mouton van paaie wat die volle sirkel loop.
GROEN ROOIBOS
Agtermekaar Annelien • As my ma iemand ontmoet het wat haar werklik beïndruk het, het sy altyd gesê: “Dís nou vir jou ’n agtermekáár vrou daardie.” Dit is presies wat ’n mens wil sê van Annelien Pienaar. Huishoudkundige, sjef, ma van drie, blogger, boervrou, voedselwetenskaplike, gastehuis-eienaar, fotograaf en kookboekskrywer is maar net ’n paar van die hoede wat hierdie formidabele vrou dra.
ANNELIEN SE TOPSES-BEESVLEISWENKE
BLAARDEEG
DIS ’N VLEISFEES!
Loer in Marinda se koskas • Sy het elke resep in haar nuwe boek met die hand en die hart uitgekies, vertel die geliefde teater-en-kospersoonlikheid Marinda Engelbrecht. Want kos is ’n ding wat ons saambind, dis iets waarmee ons troos en feesvier, maar dit moenie iets wees wat die kok op sy of haar senuwees maak nie. In Marinda se koskas deel sy haar eie onthoukos — lekker kos, sonder fieterjasies, gemaak met bestanddele wat in almal se koskas is.
TOPVERKOPER
Vroue om dop te hou • Hierdie dinamiese vroue doen opwindinde dinge in die kosbedryf. Skrywers, sjefs, susters en sakevroue met tonne talent en baie blink planne.
Vars en feestelik • ’n Besonderse somerslaai — ideaal vir jou Kerstafel of enige ander feesviering — is ekstra-lekker as dit met sappige Tru-Cape-pere gemaak word.
Weskusfees met Bella en haar bestes • As jy Isabella Niehaus vra om ’n vroeë Kerstafel vol te maak met vriendinne wat haar inspireer, ontmoet jy ’n groep vroue met wie jy oorlog toe sal gaan. Inspirasie, lewensvreugde, humor en uithouvermoë, te midde van die lewe se draaiballe, het hierdie vroue in oorvloed. Daar is gekuier, gelag en gesmul aan ’n Boerekos-Weskusfees, terwyl Van Loveren die glase vol gehou het.
BELLA OOR HAAR VRIENDINNE
NIMMERNOOIT VOLPRESE VROUE • Alles wat hy het en wat hy is, is danksy honderde spesiale vroue. Dalk duisende. Só glo die sjef, skrywer, restaurateur en kosikoon PETER VELDSMAN. Ons het hom gevra om vyf besonderse resepte aan vyf van hierdie wonderlike...