Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Winter 2021
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

DIE GEURVAN MENSWEES • Vergeet diamante of goud, die wonderlike kombinasie van speserye in daardie bobotie voor jou op die tafel is eintlik die rede hoekom ons almal onsself vandag hier aan die suidpunt van Afrika bevind.

Só sê ons lesers • Julle het heerlik saamgesels oor die someruitgawe van Boerekos, oor sakpas-etes en veral oor ons eerste tydskrif vir kinders, Landbou Kind. Ons deel ’n paar van julle briewe en foto’s (op bl. 128) wat ingestuur is deur ons ywerige jong Boerekos-kokke.

DIE KRAG VAN GEUR • ’n Mens besef dikwels eers die waarde van kosbare oomblikke wanneer dit herinneringe word. Gelukkig het bekende geure die vermoë om tyd en afstand te laat wegkwyn.

Geure van ons lewe • Van Nederland tot Libanon, ’n plaas in die Bosveld, Brasilië en al die pad tot in die Bo-Kaap loop die geure van ses kosvriende se lewens. Speserykenners, bekroonde kosskrywers en ’n topsjef vertel van die geure wat hulle tuis laat voel, die smake waarna hulle verlang en die kos wat altyd sal proe soos huis.

Die betowering van speserye • Nes op ’n regte Indiese speserymark kan ’n mens amper lighoofdig raak van die wonderlike geure en kleure wat op Atlas Trading Company se rakke wag. Dié speserywinkel, wat al 75 jaar deur die Ahmed-familie bedryf word, is ’n instelling in die Bo-Kaap.

SPESERYKUNS

’n Lewe met kos • In 2016 het die speserykenner en doyenne van Kaap- Maleise kookkuns, CASS ABRAHAMS, haar kleurryke lewensverhaal aan Marike Bekker vertel, wat die stories en resepte in boekvorm saamgevat het. ’n Boek deurweef met die heerlike geure van die kos wat Cass liefhet.

Oor beskuit en tradisies • Die sjef, skrywer en TV-aanbieder ANNA CAROLINA (Caro) ALBERTS se lewenspad het op ’n plaas in die bos begin, maar het haar intussen oor die wêreld heen geneem. Oral waar sy aansit of kos maak, maak sy kosbare geurherinneringe bymekaar.

’n Belofte aan my pa • Sy sal teruggaan na die land van hul voorvaders, na Libanon, het SOPHIA LINDOP haar pa op sy sterfbed in Suid-Afrika belowe. In haar pragtige kos-en-reisboek Going home deel Sophia die storie van haar hartroerende reis en vertel hoe sy in die proses haarself gevind het.

LIBANESE KOSKULTUUR

Kleintydse kosgeure • Sy Brasiliaans-Italiaanse grootwordjare in São Paulo hou wonderlike herinneringe in van familiefeeste rondom die churrasco (braaivleisvuur), ’n liefdevolle ouma wat hom met koejaweljellie bederf, en vuurwarm deegbondeltjies gevul met gesmelte kaas op pad skool toe. Dié eenvoudige, maar wondermooi geure uit FABIO DANIEL se kindertyd kry dikwels ’n gesofistikeerde baadjie in Rust & Vrede se sjiek restaurant, waar hy die hoofsjef is.

Soet speserye om ons te troos

’nWêreld van geur op jou speseryrak • Melkkos, pannekoek, biltong en bobotie… Of soetpatat, pampoenkoekies, wildspastei en kerrievetkoek. Dink maar aan ons gunstelingboerekos, en daar is altyd ’n spesery of twee waarsonder dit eenvoudig nooit dieselfde sal wees nie. Waar kruie vars geure na ons tafels bring, sorg speserye vir diepte, aroma en smaak. Dit gee daardie wonderlike, onsigbare geurlagies in ’n goeie kerrie wat jou nog ’n keer wil laat skep. Dit is die sagtheid van kaneel en vanielje in ons geliefde soetgoed, die diep, aardse geure in ’n bredie wat net koljander en komyn kan gee, en die soet dropagtigheid van anyssaad in ’n baksel vars mosbolletjies. Vul jou speseryrak aan en kook en bak met ’n paar van die mees geliefde speserye in ’n boerekoskombuis.

Kerrie teen die koue • Wat is...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans